On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Ses in hegtenis ná VS-protesaksie

───   CATHY DLODLO 17:48 Thu, 08 Oct 2020

Ses in hegtenis ná VS-protesaksie | News Article

Ses verdagtes is in hegtenis geneem in verband met klagte van openbare geweld nadat ‘n gewelddadige betoging Donderdag in die Tswelopele Munisipaliteit – wat Hoopstad en Bultfontein in die Vrystaat insluit - uitgebreek het.


Provinsiale polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê betogers het onder meer ‘n vragmotor aan die brand gesteek. Betogers kla oor swak dienslewering en eis onder meer die kop van die burgemeester, Frans Matsholo. 

Raadslede het gister tydens ‘n raadsvergadering gestem in ‘n mosie van wantroue teen Matsholo.

Matsholo het die aanslag oorleef toe die stemme teen die mosie met een stem in die meerderheid was. OFM-nuus het vroeër die speaker van die raad, Motshabinyana Raseu, vir kommentaar genader. 

Sy het gesê dat sy nou kalmte onder inwoners herstel en eers later op die situasie sal kan kommentaar lewer. DA-raadslid, Moshe Snyer, sê die mosie van wantroue volg op verskeie klagtes van swak dienslewering.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.