On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vierjarige se moordsaak in NK uitgestel

───   15:07 Mon, 12 Oct 2020

Vierjarige se moordsaak in NK uitgestel | News Article

Die saak teen 'n Noord-Kaapse man wat daarvan beskuldig word dat hy 'n vierjarige seun vermoor het, is tot 26 Oktober uitgestel ná sy hofverskyning Maandag, volgens polisiewoordvoerder Mohale Ramatseba.


Dit volg op die inhegtenisneming van die 36-jarige verdagte by Ikhutseng in Warrenton oor die naweek, nadat die slagoffer se lyk by die beskuldigde se huis gekry is. Die verdagte bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning.

OFM-nuus het voorheen berig dat die seun vermis geraak het nadat hy Vrydag na 'n plaaslike winkel gegaan het en nooit teruggekeer het nie. Ramatseba sê ná 'n intensiewe soektog deur die polisie, is die seun se lyk later daardie aand by die verdagte se huis in Ikhutseng in 'n boks gevind, toegegee met 'n kombers. 

Doe waarnemende polisiekommissaris in die Noord-Kaap, Phiwe Mnguni, het die moord veroordeel en gewaarsku dat geen kriminele aktiwiteite in die provinsie geduld sal word nie. Hierdie voorval kom te midde van toenemende kommer oor die gebrek aan veiligheid vir vroue en kinders in die land.


OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.