Central SA
#PinkTreesForPauline maak mense van kanker bewus─── 13:29 Thu, 15 Oct 2020
Kanker is ‘n siekte wat jaarliks een uit elke vier Suid-Afrikaners raak.
Dit is weer daardie tyd van die jaar wat Kansa, in samewerking met Pink Trees for Pauline, die gemeenskap se hulp nodig het om mense meer bewus te maak van kanker en ook die nodige fondse in te samel om pasiënte te ondersteun tydens hul behandeling, sê die woordvoerder van Pink Trees for Pauline Bloemfontein, Jannie de Wet.
Die doel van die projek is om geld in te samel deur pienk lakens om bome te draaai om bewustheid te help skep. Die pienk lakens kos slegs R50, waarvan 20% van die inkomste van die projek aangewend word om pasiënte te ondersteun met hulp soos bv doeke en voedingsaanvullings. Die projek eindig op 31 Oktober en die lakens kan by Annelia's, Winkel 9, by die Pellissier-sentrum opgetel word. Vir navrae kontak gerus vir Jannie op 083-445-3108 of 051-421-9028.
Pieter Ploos, 'n vrywillige bemarker van Pink Trees for Pauline, Bloemfontein, sê hul hoofdoel is om bewustheid te skep en mense oor kanker in te lig.
Hy vertel verder aan OFM-nuus terwyl hulle die Pellissier-woonbuurt in Bloemfontein wil versier met pienk, hulle met meer ondersteuning Suid-Afrika ook pienk kan maak om kanker-bewustheid te skep. Kanker is nie net een soort kanker nie, maar 'n groot groep van byna 100 soorte kanker. Die twee belangrikste eienskappe is onbeheerde groei van die selle in die menslike liggaam en die vermoë van hierdie selle om te migreer en te versprei. As dit nie onder beheer gebring word nie, kan kanker tot die dood lei. Die grootste risikofaktore vir kanker is tabak, alkohol, dieet, seksuele en voortplantingsgedrag, aansteeklike agente, familiegeskiedenis, beroep, omgewing en besoedeling.
OFM-nuus/Blaine Jones
