Central SA
Brand veroorsaak chaos in NW─── 15:54 Thu, 15 Oct 2020
Boere in Noordwes se hulp is ingeroep ná nuus van 'n geweldige veldbrand tussen Schweizer-Reneke en Vryburg.
'n OFM-luisteraar is op die toneel en beskryf die brand as vreeslik groot, wat reeds duisende hektaar verwoes het. Hy voeg by dat hulle sedert gisteraand probeer het om die brand te beheer, maar dit nie onder beheer kry nie.
Dit is in hierdie stadium onduidelik wat die omvang van die skade is en wat die brand veroorsaak het.
OFM-nuus/Blaine Jones
