Central SA
NK departement vier Wêreld Bevolkingsdag─── ELSABÉ RICHARD 18:00 Tue, 20 Oct 2020
Die LUR vir maatskaplike ontwikkeling in die Noord-Kaap, Nontobeko Vilakazi, het inwoners gewaarsku dat die bedreiging van Covid-19 nog nie oorwin is nie.
Sy het vandag sowat 100 mans sommer op die sypaadjie in Kimberley toegespreek.
Vilakazi se departement het vandag Wêreld Bevolkingsdag met die tema "Slaan die remme aan teen Covid-19" - gevier.
Die dag word gewoonlik op die 11de Julie gevier, maar is as gevolg van die nasionale inperking vanjaar uitgestel.
Vilakazi het ook ontsmettingsmiddels en maskers uitgedeel.
OFM-nuus
