On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Familie van oorledene gesoek

───   ELSABÉ RICHARD 09:34 Thu, 22 Oct 2020

Familie van oorledene gesoek | News Article

Die polisie in die Vrystaat versoek die Ventersburg-gemeenskap om te help om die gesin van ‘n onbekende man, wie se liggaam langs die Ventersburg en Hennenman-pad gevind is, op te spoor.


Volgens polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, is die man se liggaam Dinsdag deur ‘n voetganger op die R70-pad ontdek, Die polisie is daarvan ingelig.

Hy sê die man het twee steekwonde aan sy nek, sowel as ‘n wond aan die agterkant van sy kop opgedoen. Makhele verduidelik verder dat daar ontdek is dat die man nie op die toneel waar hy gevind is, vermoor is nie aangesien die T-hemp wat hy aangehad het, tot by sy nek opgetrek is en voertuigspore op die toneel gekry is.

Hy sê die oorledene was kaalvoet, het ‘n groen en goud T-hemp aangehad met 'n blou denimbroek.

Makhele voeg by dat ‘n saak van moord geregistreer is en moedig enigiemend aan met inligting oor dié moord, of wie die oorledene se familie is, om die polisie te kontak.

Konstabel Tshediso Sakoana van Ventersburg-speurdienste kan op 063 223 1696 gekontak word of Crime Stop by 08600 10111.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.