Central SA
Polisieman se moordsaak weer in NK-hof─── 06:20 Thu, 05 Nov 2020
Die verdagte in die Noord-Kaapse moordsaak van Rosedale se polisiekonstabel Stefano Visagie - Emanuel Okafor - verskyn Donderdag weer in die Keimoes-landdroshof.
Die staat sal na verwagting vra dat 'n datum bepaal moet word dat die saak rakende Visagie, wat in sy slaap doodgesteek is, na die hof in Upington geskuif moet word.
Die verdagte se pogings om borgtog is sedert die begin van die hofsaak in Januarie van die hand gewys, omdat die staat daarvan oortuig is dat die buitelandse Okafor 'n vlugrisiko is, en die verdediging geen oortuigende redes vir borgtog kon aanvoer nie.
DNA-uitslae is ook steeds uitstaande.
OFM-nuus/Roderick Titus
