Central SA
#CoronavirusNC: Onderwysers vra vir veilige gedrag─── 08:44 Thu, 05 Nov 2020
Onderwysers in die Noord-Kaap, wat sedert die uitbraak van Covid-19 positief getoets het vir die virus, sê dit is kommerwekkend hoe die gemeenskap van Upington hulle glo nie steur aan die erns van die siekte nie.
Plaaslike onderwyser, Nickey Claasen - wat in Augustus positief getoets het - sê die gedrag van die gemeenskap sal uiters nadelige gevolge inhou indien die verwagte tweede vlaag van infeksies die land binnekort gaan tref.
Ander onderwysers, insluitende die Francuscis Intermediêre Skool se hoof, Bigsy Esau, sê die gemeenskap moet saamstaan en ook dat die stigmatisering van persone wat positief getoets het, uit die weg geruim moet word.
Die kliniese hoof van die Dr Harry Surtie Hospitaal, dr. George Isaacs, het intussen ook gewaarsku dat die gemeenskap se gedrag rakende die virus ernstige nagevolge gaan inhou, en dat veral kinders uit die strate gehou moet word, aangesien kinders die pandemie na volwassenes oordra - wat dan weens onderliggende siektetoestande ernstig siek kan word.
OFM-nuus/Roderick Titus
