On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

NK beampte vas vir bedrog

───   14:19 Thu, 05 Nov 2020

NK beampte vas vir bedrog | News Article

Die polisie se anti-korupsie ondersoekeenheid het ‘n 39-jarige konstabel van Upington in die Noord-Kaap in hegtenis geneem.


Dit volg nadat die lid volgens polisiewoordvoerder Dimakatso Mooi die vrou van ‘n afgestorwe kaptein sou help met die bespoediging van die die oorledene se pensioen uitbetaling.

Die verdagte het R3000 geëis, en die klaer herhaaldelik hieroor geteister totdat sy die geld aan hom betaal het. Sy het ‘n klagte aanhangig gemaak wat deur die ondersoekeenheid opgevolg is.

Dit het eindelik tot die arrestasie gelei. Intussen het die waarnemende provinsiale komisaris van die polisie, Phiwe Mnguni, die gedrag skerp veroordeel.

Hy het ook ‘n waarskuwing aan sy lede gestuur, dat enige lid wat hulself aan enige vorm van misdaad skuldig maak se voorland sal wees.

Die verdagte sal later in die Upington Landdroshof verskyn.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.