On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Seun van VS-boer breindood verklaar ná plaasaanval

───   ELSABÉ RICHARD 11:19 Tue, 10 Nov 2020

Seun van VS-boer breindood verklaar ná plaasaanval | News Article
Eddie Hills en sy vriendin Marizanè du Plessis

Die gewonde seun van die 56-jarige Hennenman-boer, Pieter Hills, wat verlede week op sy plaas vermoor is, se toestand is kritiek.


Luidens die president van Vrystaat Landbou (VL), Francios Wilken, is die 26-jarige Eddie Hills breindood verklaar nadat hy in die Milpark-hospitaal opgeneem is. Dit kom nadat Hills vermoedelik op 5 November omstreeks 18:30 in sy huis deur 'n groep aanvallers oorrompel is. Eddie het na bewering ná sy tuiskoms van die gymnasium af, die huis betree waarna hy met 'n mes in sy bors gesteek is. Pieter Hills is na bewering in die kop geskiet en is deur owerhede op die toneel dood verklaar.

Die Hennenman-polisie het Vrydagaand aanvanklik vier verdagtes in die Phomolong-township in hegtenis geneem nadat die misdaad glo Donderdagaand gepleeg is. Vrystaatse polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê een van die verdagtes, 'n 47-jarige man, is Saterdagoggend in 'n aanhoudingsel dood gevind - enkele ure nadat hy inhegtenis geneem is.

Intussen het een verdagte Maandag in die Hennenman-landdroshof verskyn en sy saak is tot Maandag 16 November vir sy borgtogaansoek uitgestel. Nog ‘n verdagte sal na verwagting Woensdag in die hof verskyn. 'n Derde vroulike verdagte is vrygelaat nadat sy nie positief met die misdaad verbind kon word nie.

VL het intussen die spoedige inhegtenisnemings van die persone betrokke by die moord verwelkom. Die organisasie het ook namens die landbougemeenskap innige simpatie teenoor die Hills-familie betuig. “Woorde kan nie die impak van hierdie lewensverlies en trauma van hierdie brutale dade beskryf nie,” sê Wilken.

Die Hennenman-boerevereniging het die eerste hofverskyning van die verdagtes Maandag bygewoon. Ter ondersteuning van die Hills-gesin, sal VL die borgtogaansoek op Maandag 16 November bywoon.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.