On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

NK-polisieman verongeluk

───   08:46 Mon, 16 Nov 2020

NK-polisieman verongeluk | News Article

Die polisie in die Noord-Kaap se woordvoerder, Mohale Ramatseba, sê ná 'n ongeluk op die N12 by Windsorton word die dood van 'n polisieman en drie ander passasiers ondersoek.


'n Saak van strafbare manslag is geopen nadat die voertuig waarin hulle hierdie naweek gereis het glo verskeie kere gerol het. 

Hy sê hoewel dit onbekend is wat presies gebeur het, blyk dit in hierdie stadium of die bestuurder beheer van die voertuig verloor het. Nog 'n polisiebeampte is in die hospitaal opgeneem terwyl die ondersoek na die insident voortduur. 

Ramatseba het intussen 'n beroep op motoriste gedoen om die padreëls te gehoorsaam en om gereeld te rus wanneer hulle lang afstande reis.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.