Central SA
LUR geskok ná vakbond se optrede─── 16:08 Tue, 17 Nov 2020
Die LUR vir Gesondheid in die Noord-Kaap, Maruping Lekwena, sê hy is geskok oor Nehawu se optrede.
Dit volg na gesprekke tussen die vakbond en die departement, sowel as georganiseerde arbeid rakende die vakbond se eise - insluitend die permanente aanstelling van gemeenskapsgesondheidswerkers by die departement.
Lekwene sê die ontwrigting van verskeie gesondheidsorggeriewe in die provinsie deur Nehawu is selfsugtig, en druis in teen inwoners se basiese reg tot gesondheidsorg.
Nehawu het vroeër aangekondig dat sy lede sal voortgaan met hul sloerstaking totdat die departement voldoen aan hulle eise.
Lebogang Majaha, woordvoerder vir die departement van gesondheid, het nie op navrae oor presies watter geriewe regoor die provinsie geraak word, gereageer nie.
OFM-nuus/Roderick Titus
