Central SA
Noord-Kaapse bedrogsaak uitgestel─── 16:10 Tue, 17 Nov 2020
Die saak waarin die projekbestuurder van die Robert Mangaluso Sebukwe-hospitaal - die 51-jarige Godfrey Monco - en vyf kontrakteurs deur die Valke vroeg Dinsdag in hegtenis geneem is, is tot en met Februarie volgende jaar in Kimberley uitgestel.
Al die verdagtes is op R10 000 borgtog vrygelaat. Die woordvoerder van die Valke in die provinsie, Nomtandaso Mnisi, het bevestig dat al die verdagtes aangesê is om te verseker dat hulle op 3 Februarie aanstaande jaar in die hof sal wees.
Die saak hou verband met 'n opgraderingstender aan hospitale in die gebied ter waarde van 9,9 miljoen rand.
OFM-nuus/Roderick Titus
