Central SA
'Staking ontneem NK-mense van gesondheidsorg'─── 10:05 Wed, 18 Nov 2020
Die LUR vir Gesondheid in die Noord-Kaap, Maruping Lekwene, het 'n beroep gedoen het op stakende gesondheidswerkers om verpleegpersoneel en pasiënte toegang tot klinieke te gee.
Die Direkteur van Gesondheid in die ZF Mgcawu-distrik, Samuel Nxazonke, het gesê drie klinieke is sedert Dinsdag deur die vakbond, Nehawu, se staking geraak.
Hy sê sy departement monitor tans die situasie en hoop dat vakbondlede gehoor sal gee aan die LUR se beroep om nie dienste verder te ontwrig nie. Vakbondlede staak sedert verlede Woensdag en eis dat gesondheidsorgwerkers permanent aangestel moet word.
Lekwene sê onderhandelinge word beplan, en hy voeg by dit is 'n jammerte dat die stakende lede mense van hulle reg tot gesondheidsorg ontneem. Die vakbond het die departement skriftelik in kennis gestel dat die staking sal voortgaan totdat daar aan hulle eise voldoen word.
OFM-nuus/Roderick Titus
