Central SA
Bfn-leerder kritiek ná ongeluk op verjaardag─── 10:22 Wed, 18 Nov 2020
'n Graad 10-leerder van die Hoërskool Jim Fouché in Gardeniapark, Bloemfontein, is Woensdagoggend - op sy verjaardag - ernstig in 'n motorfietsongeluk beseer.
Volgens 'n ooggetuie wat eerste op die toneel was, is WD Grobler (16) op pad na 'n skooleksamen op sy motorfiets omgery.
Hannah Struwig, woordvoerder van die Life Rosepark-hospitaal, sê Grobler is in hul trauma-eenheid opgeneem. Sy kon nie sy onmiddellike toestand bevestig nie.
Die ooggetuie het vir OFM-nuus gesê hy het Grobler probeer help en het steeds die slagoffer se bloed op hom. Hy het verder bygevoeg hoe traumaties die ervaring was en dat hy steeds in 'n toestand van skok is.
OFM-nuus/Blaine Jones
