On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Bfn-leerder verongeluk op 16de verjaardag

───   11:40 Wed, 18 Nov 2020

Bfn-leerder verongeluk op 16de verjaardag | News Article

Ná die motorfietsongeluk waarin 'n 16-jarige leerder van die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein ernstig beseer is, is WD Grobler oorlede. Dit is deur die woordvoerder van die Emergency Medical Services (EMS) in die Vrystaat, Sipho Towa, bevestig.


Grobler is na die Life Rosepark-hospitaal vervoer waar hy later dood verklaar is nadat hy aan sy beserings beswyk het. Die ongeluk het by die kruising van Van Schalkwykstraat en Walter Sisuluweg plaasgevind. Vriende en familie het sedertdien hul medelye uitgespreek op sosiale media platforms ter herinnering aan Grobler.

OFM-nuus het vroeër berig oor die voorval waarin Grobler, wat op pad na 'n skooleksamen was, op sy motorfiets omgery is. 

Hannah Struwig, woordvoerder van die Life Rosepark-hospitaal, sê Grobler is in hul trauma-eenheid opgeneem waar hy dood verklaar is.


OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.