On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

#NuusPasOntvang: Bfn-onderwysers ná gradeplegtigheid beroof

───   11:22 Fri, 20 Nov 2020

#NuusPasOntvang: Bfn-onderwysers ná gradeplegtigheid beroof | News Article

Die graad R-gradeplegtigheid van Universitas Primêre Skool in Bloemfontein het Donderdagaand in 'n nagmerrie ontaard.


Sewe vroue is in die personeelkamer gyselaar gehou tydens dié gewapende rooftog by die skool. 

Die skoolhoof, Neels Gunter, sê nadat al die ouers weg is ná die seremonie, het onderwysers hul klaskamers gaan sluit. Die gewapende rower het die vroue bymekaargemaak en hulle gyselaar gehou en van hul besittings beroof. Gunter sê juweliersware en selfone is gesteel. Dit is onbekend hoe die man toegang tot die skoolterrein gekry het. 

Tydens die rooftog het een van die onderwysers 'n paniekknoppie gedruk om die polisie en veiligheidsmaatskappy te ontbied. Die oortreder het toe gevlug.

Neels het aan OFM-nuus gesê niemand is in die voorval beseer nie, maar selfone en juwele is gesteel. Dit was 'n skok, maar gelukkig het niemand fisies seergekry nie en niks anders van die skool is gesteel nie, sê Gunter.

Die polisie-ondersoek duur voort.


OFM-nuus/Blaine Jones


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.