Central SA
Onwettige besit van ammunisie ná vonds ondersoek─── 15:47 Fri, 20 Nov 2020
Die onwettige besit van ammunisie word in Philandersbron by Rietfontein in die Noord-Kaap ondersoek nadat 'n onafgevuurde rondte, waarvan die kaliber onbekend is, deur kinders in die gemeenskap gevind is.
Volgens die plaaslike polisie se gebiedsbevelvoerder, Johhny Besnaar, sal die voorwerp se oorsprong deur die plaaslike plofstof-eenheid bepaal word, terwyl die bewering dat dit vanuit 'n private vliegtuig geval het, ook ondersoek sal word.
Die plaaslike gemeenskap se samewerking is intussen gevra om presies vas te stel waar die onafgevuurde rondte vandaan kom.
Polisiewoordvoerder, Sersant Ompile Masegela, sê meer inligting sal beskikbaar gemaak word sodra die ondersoek afgehandel is. Die kans dat meer van dié voorwerpe dalk in die gebied versteek word, sal ook ondersoek word.
Die publiek se samewerking word in hierdie verband gevra.
OFM-nuus/Roderick Titus
