On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Soektog na mynwerker duur voort

───   11:00 Sun, 22 Nov 2020

Soektog na mynwerker duur voort | News Article
Foto: Verskaf

Grondverskuiwingsmasjiene word nou by die Vendatta Zinc Internasionale Groep se Gamsberg-sinkmyn naby Aggeneys in die Noord-Kaap ingespan om te help met die soektog na ‘n mynwerker.


Dit kom ná 'n grondstorting Dinsdag.

Tien mynwerkers is tydens die grondstorting vasgekeer. Die liggaam van een van twee vermiste mynwerkers is reeds vroeër gevind, nadat agt van die tien mynwerkers vroeër gered is. Die myn se Cristo Witbooi sê alles moontlik word gedoen om die laaste mynwerker op te spoor.

OFM-nuus het vroeër berig een van twee vermiste Noord-Kaapse myners se liggaam is ná 'n grondstorting vroeër vandeesweek gevind. Melvin Saal, wat 'n vrag-voorman was, is dood by die Vendatta Zinc Internasionale Groep se Gamsberg-sinkmyn naby Aggeneys in die Namakwa-distrik, waar 'n groot stuk van die sinkmyn se grond-muur op tien werkers geval het. Die algemene bestuurder by die myn, Pieter van Greunen, het Saal se dood aan OFM-nuus bevestig en Saal as 'n betroubare, hardwerkende man beskryf. Hy het ook sy medelye aan Saal se vrou en drie kinders oorgedra. 



OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.