On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Myn werp alles in stryd om werker te vind

───   14:25 Tue, 24 Nov 2020

Myn werp alles in stryd om werker te vind | News Article

Gespesialiseerde toerusting, waaronder hommeltuie en elektromagnetiese toerusting, asook ‘n foto span van Kumba Iron Ore se Sishen-myn - is by die soek- en reddingspoging gevoeg om ‘n vermiste Noord-Kaapse mynwerker op te spoor.


Die mynwerker word reeds sedert Dinsdag vermis toe mynbedrywighede die oggend gestaak is ná 'n ongeluk by die Gamsberg-sinkmyn naby Pella in die Boesmanland.

Dit is volgens die myn - wat besit word deur Vendatta Zinc International - se woordvoerder, Cristo Witbooi.

Tien mynwerkers was aanvanklik weens ‘n grondstorting vasgekeer.

Die mynbestuur sê hulle doen alles moontlik om die laaste mynwerker op te spoor.

Dit volg nadat die liggaam van ‘n ander mynwerker vroeër gevind is.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.