On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Bfn-DBV gaan nóg groter met Kersliggies

───   11:01 Fri, 27 Nov 2020

Bfn-DBV gaan nóg groter met Kersliggies | News Article
PHOTO: Pierce van Heerden

Die Bloemfontein Dierebeskemingsvereniging (DBV) wil weer in Kerstyd hierdie jaar die Rosestad ophelder en beplan om hul liggievertoning selfs meer skouspelagtig te maak.


Die DBV is bekend vir sy Kersliggies wat elke jaar die stad verlig vir mense om te geniet. Bloemfontein Courant het onlangs ‘n draai by die vereniging gemaak en met Inspekteur Duan Matthee gesels. Hy het sy opgewondenheid met ons gedeel oor hierdie jaar se gebeure sowel as die “spesiale verrassing vir besoekers”.

‘n Opvoedkundige poppekasvertoning deur Jakkie Louw is nog iets om na uit te sien. Die DBV wil graag kinders opvoed by wyse van ‘n vermaaklike poppekasvertoning. Daar sal ook kosstalletjies wees en gelukspakkies vir honde – dít en nog baie meer.

Hierdie jaar gaan propvol vermaak deur welbekende kunstenaars soos Jakkie Louw, Ruan Josh en Franja du Plessis, Ricus Nel, Jak de Priester and Pieter Koen wees. Vir ‘n aand gevul met pragtige Kersliggies en vermaak, besoek gerus die DBV van 3 tot 23 Desember 2020. 

Toegang kos R10 per persoon en vir aande met spesiale vertonings beloop dit R20.

Vir meer inligting kan die Bloemfontein DBV (SPCA) Facebook-blad besoek word, of kontak hulle by 051 447 3801.


Bloemfontein Courant/Pierce van Heerden

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.