On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

NUUS PAS IN: Rowers slaan weer toe by Bfn skool

───   CATHY DLODLO 15:59 Thu, 03 Dec 2020

NUUS PAS IN: Rowers slaan weer toe by Bfn skool | News Article

Gewapende rowers het weer by ‘n Bloemfonteinse skool toegeslaan.


Vier gewapende rowers het matrikulante vroeg Donderdagoggend lelik die skrik op die lyf gejaag toe hulle by die Grasland Sekondêre Skool in Bloemfontein ingebreek het waar dié leerlinge geslaap het. Matriekleerlinge, van onder meer die Khorathuto Sekondêre Skool, kampeer by dié skool as deel van die Vrystaat se voorbereidingsprogram vir die eindeksamen. 

OFM-nuus het vroeër oor ‘n soorgelyke voorval berig. ‘n Gewapende rower het sewe vroue gyselaar gehou ná die afloop  van ‘n graad R-gradeplegtigheid by Universitas Primêre Skool in die stad. Woordvoerder van die Vrystaatse Onderwysdepartement, Howard Ndaba, het die jongste voorval sterk veroordeel.

Ndaba sê volgens inligting het vier gewapende rowers geforseerde toegang tot die vertrek verskry waar meisies van die Kgorathuto Sekondêre Skool geslaap het. Die voorval het in die vroeë oggendure plaasgevind. Die rowers het die matriekmeisies met vuurwapens gedreig en hulle selfone en ander waardevolle items gebuit. 

Ndaba sê die voorval is regtig onaanvaarbaar vir leerlinge wat matriek-eksamen moet skryf. Hy die departement het spoedig sielkundige hulp vir die groep meisies gereël. Die departement het ook ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om te help om leerlinge wat vir die eksamen voorberei, veilig te hou.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.