On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

DA sê nuwe VS onderwyskantore is politiek

───   CATHY DLODLO 07:43 Fri, 04 Dec 2020

DA sê nuwe VS onderwyskantore is politiek | News Article

Die DA – die amptelike opposisieparty in die Vrystaatse Wetgewer – sê hulle het verneem dat amptenare van die Vrystaatse Onderwysdepartement nie geneë is met die verskuiwing van die Eksamen-direktoraat nie.


OFM-nuus het vroeër onthul dat die direktoraat se nuwe kantore, by die N8 Gateway Office Park op die hoek van Rudolf Greyling en AW Louw-rylaan in Estoire, Bloemfontein, geleë is. 

Dit gaan die provinsiale regering sowat R28.8 miljoen per jaar kos. Die leier van die DA in die provinsie, Roy Jankielsohn, sê amptenare is ongelukkig met die voorneme om kantore uit die middestad na die China Mall toe te skuif.

Jankielsohn sê die gebou is ontwerp as ‘n inkopie-sentrum en nie as administratiewe kantore nie. Hy sê dit wil voorkom asof die verskuiwing nie deur die behoeftes van die Departement en die personeel gemotiveer is nie, maar eerder deur ooreenkomste met politici. 

Jankielsohn sê OFM-nuus se berig dat die Premier die kontrak onderteken het – beteken die kontrak is onreëlmatig aangesien sy nie in die administrasie van die provinsiale regering behoort in te meng nie.

“Die Premier moet verduidelik hoekom sy by ‘n administratiewe aangeleentheid betrokke geraak het. Die provinsiale regering se huurooreenkoms was vir die DA ‘n bron van kommer, en die betrokkenheid van die Premier maak die aangeleentheid nog meer omstrede,” sê Jankielsohn.

Hy sê die DA het reeds vrae hieroor in die Wetgewer ingedien om verdere inligting te bekom. “Die Premier het heel moontlik haar politieke graf rondom haar betrokkenheid met die ooreenkoms gegrawe,” sê hy.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.