On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Kommer ná dood in hospitaal se kelder

───   CATHY DLODLO 06:14 Mon, 07 Dec 2020

Kommer ná dood in hospitaal se kelder | News Article
Stock image

Die Staatsdienskommissie in die Vrystaat het sy kommer oor die dood van 'n pasiënt in die kelder van die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein uitgespreek.


Kommissaris Henk Boshoff het op navrae van OFM-nuus gesê hy het met die hoof van die Vrystaatse Gesondheidsdepartement, David Motau, vergader en die versekering gekry dat die voorval ondersoek word.

Dié hospitaal word gereeld deur die kommissie gemonitor nadat daar bevind is dat daar 'n agterstand in die instandhouding van mediese toerusting en die gebou is. 'n Ernstige personeeltekort is ook bevestig.

OFM-nuus het vroeër berig dat die polisie in Bloemfontein ‘n dossier vir 'n nadoodse ondersoek geopen het nadat die liggaam van ‘n pasiënt in ‘n staatshospitaal in die Pelonomi-hospitaal se kelder gekry is. Dit nadat hy vermoedelik vir dae uit sy hospitaalbed vermis was. Woordvoerder van die Vrystaatse Gesondheidsdepartement, Mondli Mvambi, het in antwoord op geskrewe vrae gesê aanduidings dat die kelder onder water was, is nie waar nie. Mvambi sê die water was slegs “skoensool”-diep.

Die water het vermoedelik as gevolg van ‘n lek in die waterstelsel van die hospitaal in die kelder opgedam.

Boshoff het die interne ondersoek verwelkom.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.