On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

NUUS PAS IN: Nog 'n VS skoolbussie gesteel

───   11:01 Wed, 09 Dec 2020

NUUS PAS IN: Nog 'n VS skoolbussie gesteel | News Article

Die polisie in die Vrystaat is dringend op soek na ‘n skoolbussie wat Woensdagoggend by die Louw Wepener Gekombineerde Skool gesteel is.


Die polisie doen ‘n beroep op die publiek om enige inligting in verband met die voorval aan te meld. Indien iemand die bussie met die naam van die skool aan weerskante sien, met die registrasienommer DFK 322 FS, kan die naaste polisiekantoor in kennis gestel word.

Dit is die sewende geval van diefstal van ‘n Quantum-skoolbussie wat in die provinsie aangemeld is. OFM-nuus het vroeër berig dat die polisie ‘n waarskuwing uitgestuur het nadat altesaam ses soortgelyke voorvalle regoor die provinsie aangemeld is. Provinsiale polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê die diefstal is tussen Maart 2020 en vandeesmaand aangemeld. Die bussies is op die skole se persele gesteel waar hulle geparkeer was. Vyf van die bussies is intussen terruggevind.

Makhele sê enigiemand met inligting kan die naaste polisiekantoor skakel. Die bussies is by die volgende plekke gesteel:

  • Ladybrand-kinderhuis
  • Ladybrand Huis van Bejaardes
  • Zastron-skool
  • Clocolan-skool
  • Harrismith-skool in Marquard
  • Clocolan-hoërskool
  • Louw Wepener-skool


OFM-nuus/Blaine Jones

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.