On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Meer as 400 kinders doen aansoek vir regshulp

───   CATHY DLODLO 09:00 Fri, 11 Dec 2020

Meer as 400 kinders doen aansoek vir regshulp | News Article

Regshulp Suid-Afrika het altesaam 441 kinders sedert die begin van die 2020/21-boekjaar in die Vrystaat en Noordwes van gratis regshulp voorsien.


Streekregsbestuurder in die Vrystaat, Cuma Siyo, het in ‘n onderhoud met OFM-nuus gesê dat dít die getal minderjarige kliënte is wat vir regshulp aansoek gedoen het. Hy sê die getal was hoër tydens die vorige boekjaar, maar as gevolg van die nasionale inperking weens die Covid-19-pandemie was die konsultasie met kliënte moeilik. 

Siyo sê in sommige gevalle word hulle genader deur die ouers of die voogde van die kinders, maar die kinders klop ook soms persoonlik aan.

“Ons verteenwoordig kinders in kriminele en siviele sake. Ons verteenwoordig byvoorbeeld minderjarige kliënte in boedel-sake – waar ‘n ouer, broer of suster oorlede is – en hulle as een van die erfgename gelys is," verduidelik Siyo. Hy sê kinders kan ook aansoek doen vir regshulp wanneer hulle ‘n ouer – ma of pa – vir onderhoud wil dagvaar. In gevalle van egskeidings, sê Siyo, verteenwoordig hulle minderjarige kinders aangaande in wie se sorg hulle geplaas moet word.

Siyo sê tydens die vorige boekjaar het die streekkantore in die Vrystaat en Noordwes meer as 900 minderjariges se sake afgehandel. 


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.