Central SA
Orania dorpsraad hanteer aansoeke - Boshoff─── 10:05 Sun, 13 Dec 2020
Die Orania munisipale bestuurder en voormalige leier van die Orania beweging, Carel Boshoff, sê dat hy nie direk by aansoeke om eiendom betrokke is nie, maar dat dit deur die dorpsraad hanteer word.
Dit volg nadat die provinsiale sekretaris van die ANC in die Noord-Kaap, Deshi Nxganga, aansoek gedoen het vir grond in Orania. Nxganga navraag gedoen oor die beskikbaarheid van erwe in die dorp.
Hy sê ingevolge die grondwet het elke burger in Suid-Afrika die reg tot toegang om enige plek in die land te woon.
In die skrywe aan Boshoff sê Nxganga dat hy die aansoek in die hof sal verdedig indien hy afgekeer sou word op grond van sy velkleur.
Boshoff het intussen gesê dat die populasie van die dorp groei toon en dat mense gereeld in en uit die dorp beweeg.
OFM-nuus/Roderick Titus
