Central SA
Verrassing vir Universitas kinder pasiënte─── DANE BEISHEIM 10:08 Sun, 13 Dec 2020
Verskeie nie-regeringsorganisasies het vanoggend byeengekom om vroeë Kersfees vreugde aan pasiënte in die kindersong-eenheid van die Universitas-hospitaal in Bloemfontein te verskaf.
Hierdie organisasies, tesame met Bloemfontein se eie Superman - Jordan Nadasen, 'n derdejaar mediese student aan die Universiteit van die Vrystaat, wat soos die superheld aantrek om jong pasiënte op te beur, het die eenheid besoek om geskenke uit te deel.
Dr Jan du Plessis, 'n pediatriese onkoloog by die hospitaal, sê dit was 'n groot verrassing vir almal.
Die organisasies sluit in die Elf Foundation, Headstart Kids, Rotary Club, Toyota Vrystaat Cheetahs, die Bloemfontein Sakekamer sowel as OFM se eie #ForTheLoveOfBooks.
OFM-nuus
