On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Vals beampte in hegtenis geneem

───   15:22 Mon, 14 Dec 2020

Vals beampte in hegtenis geneem | News Article

'n Man wat homself as 'n polisie beampte voorgedoen het en 'n motoris van die pad afgetrek en toe beroof het, is deur die Valke in hegtenis geneem naby Kathu in die Noord-Kaap.


Die Valke se woordvoerder, Nomtandaso Mnisi, sê die verdagte is in hegtenis geneem ná 'n multi-dissiplinere operasie. 

Tydens die inhegtenisneming is daar beslag gelê op onder meer vuurwapens, ammunisie, en 'n blou lig soos deur die polisie gebruik. 

Mnisi sê die verdagte het sy slagoffers se voertuig glo afgetrek deur die blou lig te gebruik, en die motoris van 'n groot aantal sigarette beroof. 

Die verdagte sou na verwagting vandag in die plaaslike landdroshof verskyn het.

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.