Central SA
Polisie lê beslag op drank in Noord-Kaap─── 16:33 Mon, 14 Dec 2020
Die polisie in Douglas in die Noord-Kaap het op minstens R160 000 se drank beslag gelê tydens ‘n spesiale klopjag gemik om onwettige verkope in die provinsie hok te slaan.
Die polisie sê hulle het op ‘n wenk reageer, en ‘n verdagte in hegtenis geneem nadat hy blykbaar geen aksynsbelasting op die alkohol betaal het nie, en ook glo met die proppe en etikete van die drank gepeuter het.
Polisiewoordvoerder Sergio kock sê die verdagte sal binnekort in die hof verskyn, terwyl ondersoeke na die oorsprong van die drank voortduur.
OFM-nuus/Roderick Titus
