Central SA
Polisie op soek na man na moord─── 07:48 Fri, 18 Dec 2020
Die polisie in Kimberley is op soek is na die 52-jarige Johannes Ralihlare, wat ook bekend staan as “Moses”.
Ralihlare het verdwyn na die moord op 'n vooraanstaande plaaslike sakeman, Piet Els, in Januarie 2018.
Volgens die polisie se Doggy Magugu word daar vermoed dat hy moontlik in Gauteng of die Vrystaat kan wees.
OFM-nuus/Roderick Titus
