Central SA
Tekort aan veeartse in NK─── 09:24 Fri, 18 Dec 2020
Lede van die parlement en die portefeulje kommitee vir Landbou, Grondhervorming en Landelike ontwikkel het die nasionale departement gevra oor die tekort van veeartse in die Noord-Kaap.
Die departement het voor die kommitee verskyn om sy 2020/2021 jaarverslag ter tafel te lê.
Die aanstelling van veeartse wat hulle studies voltooi het en nou kwalifiseer vir hulle gemeenskapsdiens is ondermeer bespreek. Kommitee lede het gevra hoekom die department slegs 6 veeartse in dié provinsie aangesteel het.
Dit terwyl daar ‘n groot behoefte is om bestaansboere te bedien.
Waarnemende Direkteur-Generaal van die departement, Mooketsi Ramasodi, het aan die komitee gesê provinsies kon aan die begin van die aanstellingsproses hulle behoeftes aandui. Hy sê plattelandse gebiede het die grootste behoefte, maar nie genoeg hulpbronne – soos blyplek vir eksta veaarste nie.
Komitee lede het hulle kommer uitspreek oor hoe klein- en bestaansboere teen vee-siektes en uitbrake gaan veg, as hulle nie toegang tot broodnodige vee-artskundige dienste het nie.
OFM-nuus/ Mia-Leigh Cloete
