Central SA
OB gee #Estina regstelling opdrag─── 08:50 Tue, 22 Dec 2020
Die Openbare Beskermer het die Vrystaatse regering opdrag gegee om die regstellende optrede in haar verslag oor die Estina suiwelprojek in Vrede binne 30 dae te implementeer.
Busisiwe Mkhwebane het Maandag in Pretoria haar verslag oor die ondersoek na ongerymdhede en politieke inmeging bekendgestel. Sy het onder meer bevind dat die voormalige premier, Ace Magashule en die gewese LUR vir Landbou, Mosebenzi Zwane, nie toesig oor die projek gehou het nie en dat die geld in die verkeerde hande beland het.
Mkhwebane sê die provinsiale regering is verplig om die regstellende optrede binne die gegewe tyd te implementeer. Dit sluit in dat die projek weer op koers geplaas moet word en dat die begunstigdes voordeel daaruit moet trek.
SABC-nuus
