Central SA
NK ambulans-tekort aangespreek─── 08:56 Wed, 23 Dec 2020
‘n Bekendstelling van 65 nuwe ambulanse vir die Noord-Kaap gaan na verwagting die tekort aan ambulanse in die Namakwastreek help verlig.
OFM-nuus het verneem dat baie van die ambulanse wat dié streek bedien, op herstelwerk wag.
Noord-Kaap Premier, Zamani Saul en Gesondheid LUR, Maruping Lekwene, het die 65 Ambulanse, 10 bussies vir die vervoer van buite-pasiënte en 55 voertuie vir gesondheidsdienste regoor die provinsie oorhandig. Die vloot het die departement sowat R78m uit die sak gejaag en beoog om die gesondheidsorgdienste in landelike gemeenskappe te versterk.
Saul het die noordienste-personeel bedank vir hulle goeie werk - veral gedurende die Covid-19 tydperk. Hy het ook 'n beroep op hulle gedoen om voort te gaan met goeie dienslewering aangesien die land nou ‘n tweede vlaag van die pandemie in die gesig staar.
OFM-nuus/Mia-Leigh Cloete
