Central SA
#CoronavirusNC: Menseregte aktivis oorlede─── 08:52 Sun, 27 Dec 2020
Die bekende menseregte aktivis en predikant by die United Congregational Kerk in Upington, Julian Masimilla, het die stryd teen Covid-19 verloor.
Masimilla, wie in sy laat 40's was, was ook by die Menseregte Kommissie werksaam waar hy homself tot die bevordering van die Noord-Kaap se plattelanders se menseregte verbind het.
Masimilla was ook n kranige motorfietsryer wat dikwels aan die voorhand van die sogenaamde 'Upington Bikers vir Menseregte' gesien was.
Die aktivis is volgens inligting aan OFM-nuus verskaf Saterdag in 'n hospitaal in Upington oorlede, nadat hy sowat drie weke gelede positief vir die virus getoets is, waarna hy gehospitaliseer moes word.
OFM-nuus/Roderick Titus
