Central SA
CoronavirusNC: Virus eis vyf lewens in NK-munisipaliteit─── CATHY DLODLO 10:48 Mon, 28 Dec 2020

Die koronavirus (Covid-19) het die lewens van vyf inwoners van die Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit in die Noord-Kaap geëis.
Volgens die jongste statistieke van die nasionale Departement van Gesondheid is die gevalle in dié munisipaliteit – wat Barkly-West, Windsorton en Delportshoop insluit – nou eers ingesluit omdat die uitslae vertraag was.
Die sterftesyfer in die Frances Baard-streek bring nou die provinsiale syfer op 377 te staan.
Intussen het het die provinsie sowat 34 dokters - volgens media berigte – weens Covid19 verloor.
OFM-nuus het ook vroeër berig dat altesaam 82 nuwe Covid-19 gevalle in die provinsie aangemeld is en d t die Namakwa-streek vir die derde agterneenvolgende dag die hoogste infeksie syfers in die Noord-Kaap getoon het.
OFM-nuus/Cathy Dlodlo en Mia-Leigh Cloete