On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

CoronavirusNC: Virus eis vyf lewens in NK-munisipaliteit

───   CATHY DLODLO 10:48 Mon, 28 Dec 2020

CoronavirusNC: Virus eis vyf lewens in NK-munisipaliteit | News Article

Die koronavirus (Covid-19) het die lewens van vyf inwoners van die Dikgatlong Plaaslike Munisipaliteit in die Noord-Kaap geëis.

Volgens die jongste statistieke van die nasionale Departement van Gesondheid is die gevalle in dié munisipaliteit – wat Barkly-West, Windsorton en Delportshoop insluit – nou eers ingesluit omdat die uitslae vertraag was.

Die sterftesyfer in die Frances Baard-streek bring nou die provinsiale syfer op 377 te staan.

Intussen het het die provinsie sowat 34 dokters - volgens media berigte – weens Covid19 verloor.

OFM-nuus het ook vroeër berig dat altesaam 82 nuwe Covid-19 gevalle in die provinsie aangemeld is en d t die Namakwa-streek vir die derde agterneenvolgende dag die hoogste infeksie syfers in die Noord-Kaap  getoon het.


OFM-nuus/Cathy Dlodlo en Mia-Leigh Cloete

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.