Central SA
NW verwelkom meeste Kersbabas in Sentraal SA─── 07:17 Tue, 29 Dec 2020
Noordwes mammas het behoorlik stof in ander se oë geskop deur geboorte te skenk aan die meeste kersbabas in Sentraal Suid-Afrika.
Altesaam 133 babas is op dié dag in staatshospitale in die provinsie gebore.
Gesondheid LUR Madoda Sambatha het die nuwe ma's besoek om hulle geluk te wens. Altesaam 68 van die nuwelinge is seuns en 65 is meisies.
In die Noord-Kaap het LUR Maruping Lekwene, 25 babas - waarvan 10 seuns en 15 meisies is – op dié dag verwelkom.
Die babas is tussen middernag op Oukersaand en Kersoggend gebore. OFM nuus het vroeër berig dat 92 babas – oftewel 43 dogtertjies en 49 seuntjies - in die Vrystaat gebore is.
OFM-nuus/Mia-Leigh Cloete
