On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaap die derde armste provinsie - Stats SA

───   CATHY DLODLO 07:25 Tue, 29 Dec 2020

Noord-Kaap die derde armste provinsie - Stats SA | News Article

Talle huisgesinne in die Noord-Kaap se enigste inkomste is ‘n staatstoelae, en die provinsie is die derde armste landswyd.

Dit is volgens die jongste uitslae van die jaarlikste Algemene Huishoudingsopname deur Statistiek Suid-Afrika (Stats SA). 

Dié opname meet jaarliks die vordering van dienste soos onderwys, gesondheid, en staatstoelae in die verskillende provinsies. 

Volgens die negentiende opname het die aantal huishoudings wat staatstoelae ontvang – soos ouderdomspensioen en kindertoelae – sedert 2003 drasties toegeneem. 

Sowat 30,9% begunstigdes het in 2019 toelaes ontvang terwyl 45,5% van gesinne een of meer toelaes ontvang het. 

Die meeste huisgesinne wat grootliks afhanklik is van dié toelae is in die Noord-Kaap, Oos-Kaap en Limpopo aangeteken. 

In die Noord-Kaap alleen is nie minder as 28,6% van dié arm gesinne aangeteken.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.