Central SA
CoronavirusNC: LUR in hospital met Covid-19─── 11:06 Wed, 30 Dec 2020
Die Noord-Kaapse LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme,is in Upington Mediclinic opgeneem weens die koronavirus (Covid-19).
Abraham Vosloo, wat voorheen as Openbare Werke LUR gedien het - en onlangs van portefeulje verander het tydens 'n provinsiale kabinet-skommeling deur Premier Zamani Saul, reageer volgens sy woordvoerder goed op behandeling.
Ali Diteme sê die LUR behoort binnekort ontslaan te word.
OFM-nuus/Roderick Titus
