Central SA
Talle beamptes in Sentraal SA gevonnis─── CATHY DLODLO 08:11 Thu, 31 Dec 2020
Howe in Sentraal Suid-Afrika het altesaam 19 polisiebeamptes in die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes op verskeie kriminele klagte skuldig bevind en gevonnis.
Dit is volgens die jaarverslag van die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direkotraat (OPOD) vir die 2019/2020 boekjaar.
Dié verslag, wat verlede maand in die parlement ter tafel gelê is, sê altesaam 69 polisiebeamptes het in dié tydperk self in die beskuldigde bank in die hof verskyn.
Tien Vrystaatse beamptes is skuldig gevind en gevonnis op klagtes wat wissel van die dood van ‘n landsburger as gevolg van polisie-optrede, verkragting, korrupsie en aanranding.
Onderskeilik ses en drie beamptes is in Noordwes en die Noord-Kaap gevonnis.
Sommige van die klages spruit voort uit die vorige boekjaar, maar die ondersoek- en hofverrigtinge is eers in die jaar onder oorsig afgehandel.
OFM-nuus
