Central SA
Vreemde vonds in Noord-Kaap gevind─── 08:22 Thu, 31 Dec 2020
Noord-Kaapse polisie in Springbok het onlangs op ‘n vreemde toneel afgekom.
Beamptes is Woensdagoggend na ‘n ongelukstoneel uitgeroep – nie ver van waar hulle met ‘n padblokkade op die N7 besig was nie.
Die blokkade was deel van die polisie se werksaamhede gedurende die feesseisoen, wanneer ongelukke gewoonlik die hoogte inskiet.
Die polisiebeamptes is deur ‘n rare gesig begroet, toe hulle met hul aankoms ‘n dooie luiperd gevind het.
Provinsiale polisiewoordvoerder Sergio Kock sê blyk dat iemand die luiperd met hul voertuig gestamp het.
OFM-nuus/ Mia-Leigh Cloete
