Central SA
Vermiste bejaarde se liggaam gevind─── 08:36 Thu, 31 Dec 2020
Johana Malgas/Foto: Verskaf
Die Polisie in die Noord-Kaap het bevestig dat die ligaam van die 71-jarige vermiste Johana Malgas in 'n kanaal by Kanoneiland gevind is.
Malgas, van Leseding, is sedert Maandag as vermis aangemeld.
Volgens die polisie se Ompile Masegela is Magas positief deur haar dogter uitgeken.
Verder sê Masegela dat die die omstandighede rondom die oorledene se dood deur die polisie ondersoek word.
OFM-nuus/Roderick Titus
