On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Nuut-aangestelde gesondheidswerkers bring verligting in NK

───   11:55 Tue, 05 Jan 2021

Nuut-aangestelde gesondheidswerkers bring verligting in NK | News Article
PHOTO: SJ Objio/Unsplash

Die aanstelling van minstens 30 gesondheidswerkers, wat ook vier mediese dokters en agt professionele verpleegpersoneel insluit, sal lewensnoodsaaklike verligting bring by Noord-Kaapse klinieke.


Die streekdirekteur van die Departement van Gesondheid in die Noord-Kaap se ZF Mgcawu-streek, Samuel Nxazonke, sê dié personeel sal onder meer ontplooi word by die Sarah Strauss-kliniek by Rosedale in Upington, die Lingelethu- kliniek in Paballelo, asook in Postmasburg en Kakamas. Nxazonke sê een tandarts sal by Kakamas dienste lewer terwyl die res van die personeel elders in die streek ontplooi sal word.

Hy sê die aanstellings gaan lewensnoodsaaklike gesondheidsdienste lewer en dringende verligting bring vir die huidige personeel wat uitgeput is weens die lang werksure sedert die begin van die koronavirus-pandemie.

‘n Ekstra vloot voertuie is aangeskaf, wat ambulanse en ander voertuie insluit om ondersteuning aan klinieke te bied. Dié voertuie sal by klinieke van Upington tot Raaswater en Lambrechtdrift ontplooi word. Ambulanse sal ook in die Dawid Kruiper-, die Tsantsabane-, !Kheis- en Kai ‘Garip-munisipale regsgebiede dienste lewer.

Nxazonke sê die publiek moet die departement se hand versterk in die voortdurende geveg teen gesinsgeweld, asook die realiteit van die pandemie wat daagliks menselewens eis. Die streekdirekteur het opnuut die gemeenskap gemaan om die inperkingsmaatreëls na te kom en te alle tye maskers te dra en sosiale byeenkomste te vermy.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.