On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

CoronavirusNC: Tweede vlaag skep kommer

───   14:35 Wed, 06 Jan 2021

CoronavirusNC: Tweede vlaag skep kommer | News Article

Daar heers kommer by die kliniese hoof van die Dr. Harry Surtie hospitaal, George Isaacs, rakende Covid-19 infeksies in die provinsie.

Dit, soos wat twaalf sterftes die afgelope 24 uur in die Noord-Kaap en twee in die Vrystaat aangemeld is.

Die aantal sterftes in die Noord-Kaap is besig om toe te neem.

Isaacs waarsku dat die hospitaal in Upington binne die volgende twee weke nie meer plek vir Covid-19 pasiente wat suurstof benodig gaan hê nie.

Die Noord-Kaap se Covid-19 syfers staan tans op 2 541 aktiewe gevalle, en sterftes op 412.

Isaacs sê die Departement van Gesondheid se statistieke toon 'n drastiese toename in Covid-19 gevalle aan.

Hy voeg dat die tweede vlaag van infeksies veel erger is as die eerste, en dat dit vererger word deur die gedrag van Suid-Afrikaners.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.