On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Makgoe besoek VS-nasiensentrum

───   09:10 Thu, 07 Jan 2021

Makgoe besoek VS-nasiensentrum | News Article
File Photo

Die Vrystaatse LUR vir Onderwys, Tate Makgoe, sal na verwagting vandag die Grey College-nasiensentrum besoek om die verpligte COVID19-regulasies te monitor.


Mobiele klinieke sal deur die Departement van Gesondheid ontplooi word vir ingeval merkers of amptenare siek sou word.

Makgoe het die media genooi om hom op sy besoek te vergesel en bevestig dat sy departement goed vir die eksamenproses voorbereid is.

Die provinsie het 2138 nasieners, 442 eksamensentrumbestuurders, 23 sentrumbestuurders, 23 adjunk-sentrumbestuurders en 33 administratiewe ondersteuningspersoneel aangewys.

Makgoe sê dat sy departement alle veiligheidsmaatreëls ingestel het om te verseker dat daar aan die COVID 19-regulasies voldoen word en dat alle sentrums van beskermende toerusting voorsien is.

Makgoe sal na verwagting 'n uiteensetting gee van die provinsie se gereedheid om die nasienwerk te bestuur. Dit kom nadat daar voldoen is aan die uiteengesette voorsorgmaatreëls, wat die dra van maskers, gereelde ontsmetting of was van hande en die nakoming van sosiale distansiëring insluit.


OFM-nuus/Shirndrè-Lee Simmons

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.