On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Drie vas ná dwelmklopjag

───   13:14 Thu, 07 Jan 2021

Drie vas ná dwelmklopjag | News Article

Drie persone is in Beaconsfield buite Kimberley in die Noord-Kaap in hegtenis geneem, en daar is beslag gelê op dwelms te waarde van nagenoeg R49 000.

Provinsiale polisiewoordvoerder Masay Gamaldien sê die verdagtes, wat tussen 20 en 29 jaar oud is, sal na verwagting vanmiddag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Gamaldien sê verder dat die polisie, ondanks die Covid-19 pandemie, sal voortgaan met die stryd teen dwelms.

Tik ter waarde van meer as R40 000 is in ‘n Toyota Yaris-voertuig gevind by 'n huis wat die polisie deursoek het. Die 20-jarige verdagte - die eienaar van die voertuig - is in hegtenis geneem waarna beslag op die voertuig gelê is.

Die polisie het twee ander verdagtes in die huis in hegtenis geneem nadat nóg tik in ‘n versteekte yogurt-houer gekry is.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.