On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

#CoronavirusNC: Meer as 360 nuwe gevalle aangeteken

───   12:18 Sat, 09 Jan 2021

#CoronavirusNC: Meer as 360 nuwe gevalle aangeteken | News Article
Photo: ANA

Die Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het aangekondig dat nog 362 mense in die Noord-Kaap positief vir Covid-19 getoets het.

Dit bring die totale getal positiewe gevalle in die provinsie op 27 059 te staan. 

Dit is die tweede hoogste daaglikse gerapporteerde nuwe gevalle in die Namakwa distrik met 133 gevalle, gevolg deur Frances Baard met 79 gevalle. 

Die Pixley Ka Seme-distrik het 64 positiewe gevalle aangeteken, ZF Mgcawu het 55 gevalle aangeteken, terwyl die John Taolo Gaetsewe-distrik 25 positiewe gevalle aangeteken het. 

Daarmee saam is vier Covid-19-verwante sterftes aangeteken - drie in Frances Baard en een in ZF Mgcawu. Dit bring die totale getal sterftes in die Noord-Kaap op 425 te staan.

Die provinsie se getal aktiewe gevalle is 3 117 met 23 515 mense wat reeds herstel het. Die herstelkoers staan op 87%.


OFM-nuus/Mia-Leigh Cloete

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.