Central SA
#CoronavirusNC: Departement verseker dienslewering gaan voort─── 05:48 Fri, 15 Jan 2021
Die Departement van Binnelandse Sake in Upington, Noord-Kaap, sê hulle werksure sal vanaf 8:30 tot 19:00 geskied om te verseker dat dienslewering aan die gemeenskap voortgaan.
Dit sal tot 15 Februarie geld. Die kantoor se Hoof, Constance Gopane, sê die opskorting van sekere dienste - insluitend die verkryging van paspoorte - is van die maatreëls wat in plek gestel is om getallebeheer toe te pas in die stryd teen die verspreiding van die coronavirus (Covid-19).
Sy voeg by die publiek kan steeds hulle IDs afhaal, asook aansoek doen vir 'n tydelike ID, terwyl geboortes asook algemene sterftes geregistreer kan word.
Gopane sê die departement is daartoe verbind om ondanks die pandemie gehalte diens te lewer, en versoek die publiek om die nodige voorsorgmaatreëls te tref waneer hulle die kantoor besoek.
Sy sê verder die dra van maskers en sosiale distansiëring is van kardinale belang omdat dit die verspreiding van die virus kan verhoed.
OFM-nuus/Roderick Titus
