On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Verwoeste paaie kan dienslewering belemmer

───   ELSABÉ RICHARD 10:29 Fri, 15 Jan 2021

Verwoeste paaie kan dienslewering belemmer | News Article

Die swaar reënval in die Vrystaat het daartoe gelei dat paaie en brûe weggespoel of onbegaanbaar geword het.

Dit is volgens Jack Armour, bedryfsbestuurder van Vrystaat Landbou (VL). Armour sê boere het reeds begin om paaie van kritieke belang te herstel, maar sal finansiële en materiële ondersteuning nodig hê om verdere rampspoed af te weer. Daar is 'n dringende versoek vir die beskikbaarstelling van toerusting soos padskrapers. Armour voeg by indien die situasie nie hanteer word nie, sal boere nie produkte kan vervoer nie en plaasbewoners soos pensioenarisse en skoolkinders nie toegang tot dienste kan kry nie.

Armour voeg by dat die Heilbron-, Parys-, Hertzogville-, Bultfontein- en Hoopstad-gebiede die ergste geraak is deur die swaar reën. "Daar is plekke wat totaal onder water is in die Hoopstad- en Bultfontein-gebied. Daar is paaie wat heetemal weggespoel het, wat onrybaar is," voeg Armour by.

Hy sê gelukkig is skole nog nie oop nie aangesien geen voertuie op hierdie paaie sal kan ry nie. Hy verduidelik verder ambulanse sal ook nie toegang tot plase kan kry om chroniese medisyne af te lewer en kritieke siek pasiënte te vervoer nie.

Intussen het die organisasie Donderdag 'n brief aan die provinsiale departement van paaie, polisie en vervoer gerig en gevra dat dringende stappe gedoen word om paaie vir kritieke toegang te herstel. VL sal na verwagting volgende week Dinsdag met die departement vergader.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.