On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse man met pangolien-skubbe betrap

───   10:28 Sat, 16 Jan 2021

Noord-Kaapse man met pangolien-skubbe betrap | News Article

Lede van die polisie in Upington het op 'n wenk gereageer en 'n middeljarige man in hegtenis geneem nadat hy in besit van pangolien-skubbe ter waarde van R108 750 betrap is.

Pangoliene word bedreig deur stropery vir hul vleis en skubbe, wat in Oosterse tradisionele medisyne gebruik word.

Volgens die polisie is die verdagte  by die ryloop-staanplek tussen Upington en Olifantshoek in hegtenis geneem, en sal hy Maandag in die Upingtonse Landdroshof  verskyn.

Die polisie se Johnny Besnaar sê hul verhouding met die gemeenskap is van kardinale belang in die stryd teen misdaad.

Hy het die gemeenskap vir hulle oplettendheid bedank asook die lede vir hulle vinnige optrede.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.